Tennis

De Villiers Graaff High School [Close / Back]

Tennis 2015

DVG leerders kannie wag vir die eerste en vierde kwartale om aan te breek nie, want dan is dit tennisseisoen!

Die skool beskik tans oor vyf tennisbane, wat voor ons pragtige ou historiese skoolgebou geleë is. Die uitsig vanaf die tennisbane is asemrowend mooi. Daar word gepoog om drie seuns- en drie dogtersspanne in die Noord-Boland Hoërskoolliga in te skryf.

Gedurende die eerste kwartaal word teen skole soos Drostdy, Worcester Gimnasium, Hexvallei, Montana, Montagu en Robertson gekompeteer.

Ons is bevoorreg om die entoesiastiese dienste van mnr Viccie le Roux, professionele tennisafrigter en permanente onderwyser by die skool, te hê. Viccie word bygestaan deur mev Bianca Franken, ‘n begaafde tennisspeler en afrigter. Die DVG Tennis-Ope word jaarliks aangebied. Skole kom van wyd en suid om deel te neem. Pragtige trofeë en prysgeld is vir die wenners op die spel.

Hierdie tennisnaweek is ‘n hoogtepunt op die jaarlikse tenniskalender.

Die volgende DVG-Ope vind die naweek van 4-6 Maart 2016 plaas.