Rugby

  De Villiers Graaff High School [Close / Back]

Rugby 2015

Rugby lê die Akkedissies na aan die hart. Die O/15- en 0/19-groepe is trotse spanne wat seisoen na seisoen toegewyd oefen en baie karakter toon.
Hierdie groep seuns het ‘n positiewe gees en is uiters gedissiplineerd, al kry hulle soms swaar teen die groter skole.
Die skool se sportfasiliteite is van ‘n hoë standaard, en die rugbyspanne word goed ondersteun deur ouers sowel as oud-skoliere.
DVG is jaarliks gasheer vir die Akkedissiesportdag (aan die begin van die derde kwartaal), waartydens 12 skole genooi word en ‘n groot trofee op die spel is.
Daar word toere vir die toekoms beplan, asook ‘n groot sewes-toernooi.

Die spanne word deur mnre V. le Roux, D. Smith (Bolandskeidsregter) en W. Roux afgerig.