Netbal

De Villiers Graaff High School [Close / Back]

Netbal 2015

De Villiers Graaf se netbal is in ‘n groot groei fase. Vir jare het ons slegs gemengde ouderdomsgroepe gehad, maar om beter ontwikkeling te verseker by alle ouderdom spelers, is daar besluit om van 2014 af weer o/14, o/16 en o/19 spanne te hê. Alhoewel dit ‘n lang proses gaan wees is afrigters opgewonde om te deel dat ons met wonderlike potensiaal sit onder ons netball meisies. Netbal groei stelselmatig sterker en ons spanne word beter en beter. Die netbal word afgerig deur twee vroue met ‘n passie vir die sport en prober ook hierdie passie oordra aan hul netbal spelers. 2015 is afgeskop met ‘n heerlike netbal kliniek wat aangebied was deur Prostar Akademie en 2016 beloof om nog meer opwinding en opleiding in te hou.