Atletiek

De Villiers Graaff High School [Close / Back]

Atletiek 2015

Hoërskool De Villiers Graaff het oor die jare puik atlete opgelewer, veral naellopers en paalspringatlete. Gregory Albrecht en Zwingli Visser is van die naellopers wat onderskeidelik in 1990 en 1991 by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe goue- en silwermedaljes verower het. Rondom 1990 - 2007 was ook 'n goeie paalspring-era vir die Akkedisse.
Bruce MacLeod, H.P. van Coller, Ian Kucharski, Francois Germishuys en Nicole Loesch het almal deur die jare verskeie medaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal. H.P. van Coller en Nicole Loesch was ook uitstekende naellopers en/of hekkies-atlete.

Ons Uitnodigingsbyeenkoms, wat reeds sedert 1971 aangebied word, is 'n jaarlikse hoogtepunt op ons sportkalender.
Slegs 6 skole kan aan hierdie prestige byeenkoms deelneem, wat altyd pragtige atletiek oplewer.
Omdat atletiek 'n individuele sport is, leer dit die atlete deursettingsvermoë aan – iets wat 'n groot pluspunt is vir die leerders op pad na volwassewording.