Soek/Search
 

GHOLF AKADEMIE

Die Gholf Akademie het in 2014 begin met net vyf seuns in die koshuis. Dit was ‘n moeilike jaar vir die leerders van die Gholf Akademie, tog het hulle deelgeneem aan die Brodie Liga en het dit gemaak tot die kwart-eind wedstryd.

Aan die einde van 2014 is die koshuis oorgedoen en mooigemaak, en hierdie jaar is dit heeltemal 'n ander storie. Die leerders in die koshuis het aangegroei tot tien. Die gholfers speel tans in die Premier sowel as die Brodie Liga.
Sover is ons derde in die Premier Liga, en tweede in die Brodie Liga.

Die gholfseuns vaar ook uitstekend in die Skole Liga.
Die Aspan het nog net een wedstryd verloor en die B-Span is onoorwonne.

Jaco de Kock - LACERTIDS April 2015