Soek/Search
 

OTHER OPPORTUNITIES

Villiersdorp en sy omgewing bied aan leerders baie geleenthede buite skoolverband. Leerders in Hoërskool De Villiers Graaff word erkenning gegee waar hul ook buite skoolverband presteer.
Vervolgens van ons leerders se buite-skool geleenthede:

1. Goju Kai Karate Maandae tussen 17:00 en 18:00 word Karate-klasse in die Goju Kai-styl deur Sihan (6de Dan) Johnny Cardosso van die Worcester Dojo aangebied. Die klasse word in die Laerskool DVG se skoolsaal aangebied. Baie leerders van Villiersdorp het al medaljes by die Suid-Afrikaanse Goju Kai kampioenskappe gewen.

2. Shukokai Karate Dinsdag en Donderdag tussen 18:00-19:00 word klasse by Vyeboom Privaatskool aangebied. Die afrigter is Sensei Annelize Morkel.

3. Landloop Daar is 'n paar leerders wat landloop oefen by Kosie de Wet.

4. Moderne Danse Klasse by die DARE 2 DREAM dansskool word aangebied deur Jeanne. Die klasse vind op Woensdag- of Vrydagmiddag plaas.

5. Sagtebal Sagtebal vorm deel van DCAS (Department of Culture, Arts and Sport). Dit word aangebied deur Margi Hill en Jonathan Davids. Die oefentye is Dinsdag en Donderdag vanaf 15:00-16:30. Dit vind óf op Kosie de Wet se velde plaas óf op die veld tussen die Hoërskoolkoshuise. Leerders het die kans om in O/13- of O/17- spanne deel te neem.

6. Ovaalbaanwedrenne (stockcars) Michello de Jongh, nou 'n leerder aan Hoërskool De Villiers Graaff, het op 17 November 2012 (op 12 jarige ouderdom) vir die eerste keer in die Mini-klas “stockcars” (Ovaalbaanwedrenne) meegeding, danksy sy Oupa Hannes, wat 'n geleentheid raakgesien het. In sy heel eerste resies (sonder enige vorige ervaring of oefening, en ook die heel eerste keer dat hy sy renmotor bestuur het) eindig hy vierde in sy klas.
Michello sluit die seisoen af met 'n totaal van 237 punte (teenoor sy naaste teenstander met 153 punte) as die Klubkampioen van Bredasdorp Motorklub 2012/2013 in sy voertuig-klas.
In 2013/2014 neem hy by Bredasdorp Motorklub asook by Kleinplasie Raceway (Worcester) deel. Hy is baie kompeterend en eindig elke resies eerste, tweede of derde. Sy bestuursvernuf het aansienlik oor die afgelope jaar verbeter, en Michello skuif nou op na 'n nuwe motor-klas. Michello, wat 'n groot belangstelling in masjiene, motors en spoed toon, het baie potensiaal en ons glo hy sal dit nog vêr bring in hierdie sportsoort.

Bootstrap Image Preview
Karate
Bootstrap Image Preview
Ovaalbaanwedrenne
Bootstrap Image Preview
Karate
Bootstrap Image Preview
Ovaalbaanwedrenne